Publication: Beeld Issued: Date: 2006-07-22 Reporter: Adriaan Basson Reporter:

Zuma : ‘Is faks eg?’

 

Publication 

Beeld

Date 2006-07-22

Reporter

Adriaan Basson

Web Link

www.news24.com/Beeld

 

Mnr. Jacob Zuma suggereer in ’n beëdigde verklaring die berugte gekodeerde Franse faks en omkoopnota, wat hom regstreeks by korrupsie betrek, is vervals.

In die verklaring van 160 bladsye, wat gistermiddag laat by die Pietermaritzburgse hooggeregshof geliasseer is, beweer Zuma “daar is iets omtrent die beweerde handgeskrewe dokument” en die “beweerde” faks waaroor die staat hand en tand sal baklei om geheim te hou.

In nóg ’n paragraaf sê hy “as die faks eg was” en gaan dan voort om die staat te kritiseer vir die “geheimsinnige” wyse waarop dié dokument in sy ondersoek hanteer is.

Zuma sê verder in sy verklaring:

) Pres. Thabo Mbeki het hom “gevonnis” deur hom as adjunkpresident af te dank nadat hy in sy afwesigheid saam met Schabir Shaik verhoor is;

) Hy gaan die hof op 5 September vra dat sy en die wapenfirma Thint se sake geskei word;

) Die vier mense wat beëdigde verklarings namens die staat afgelê het – oudmin. Penuell Maduna, advv. Vusi Pikoli, Bulelani Ngcuka en Leonard McCarthy – praat nie die waarheid nie, en

) Hy erken hy het nie regstreekse bewyse dat Pikoli deel is van ’n komplot teen hom nie, maar dat hy (Pikoli) nie deel van ’n komplot hoef te wees om “onbehoorlik” op te tree nie.

Maar die mees omstrede aantyging in Zuma se verklaring, waarop hy antwoorde verskaf in reaksie tot Maduna, Pikoli, Ngcuka en McCarthy se verklarings, is sy suggestie dat die primêre dokument wat hom by korrupsie betrek, nie eg is nie.

Zuma grond sy aantygings op die staat se weiering om die oorspronklike geskrewe Franse “omkoopnota” in 2003 aan hom te verskaf.

Volgens Zuma het die staat “om onbekende redes” nog altyd die faks teen sy bors gehou en was hul redes vir die weiering om die oorspronklike kopie aan hom te gee “ten beste onoortuigend, ten ergste geheimsinnig”.

Die Franse faks was ’n belangrike bewysstuk in die Shaik-verhoor en is deur regter Hilary Squires aanvaar as bewys van wat op ’n vergadering tussen Zuma, Shaik en mnr. Alain Thétard, Thint se voormalige hoof, in Maart 2000 in Durban ooreengekom is.

Daarvolgens stem Zuma in tot ­om­koopgeld van R500 000 per jaar in ruil vir die beskerming van Thint teen ’n wapenondersoek en die bevordering van hul belange in Suid-Afri­ka.

Me. Sue Delique, Thétard se voormalige sekretaresse, het in die Shaik-verhoor getuig hy het vir haar ’n handgeskrewe nota gegee om te tik en in ’n gekodeerde weergawe na die Thales-base in Parys te faks.

Thétard erken in ’n beëdigde verklaring hy is die outeur van die “omkoopnota”, maar sê dit was net los gedagtes wat hy opgefrommel het en ont­ken dat hy Delique opdrag gegee het om dit te tik en te faks. *1

’n Forensiese ontleder het getuig daar is geen bewyse dat die nota opgefrommel is nie en ’n rekenaarskyfie is as bewysstuk aanvaar dat Delique die faks in 2000 op Thint se rekenaars getik en na Frankryk gefaks het.

Met erkenning aan Adriaan Basson en Beeld.



*1       This is not quite correct. Thetard admitted in his first affidavit that he was the author of the encrypted fax. He then authored a subsequent affidavit whereby he denies the apparent meaning of the first affidavit.

This is one scaly Frenchman.

But the fax is not the only key evidence that convicted Scabir Shaik on Count 3 and should convict Jacob Zuma and the two Thints.

Schabir Shaik admitted that the meeting of 10 March 2000 actually took place and that a transaction of R500 000 per year until ADS started paying dividends was agreed between Zuma and Thint in Shaik's presence, but that this money was in respect of a donation to the Jacob Zuma Education Trust. The trial judge found this explanation to be incredible and rejected it out of hand.

The trial judge in the Zuma/Thints trial is also unlikely to find this explanation credible.

Other evidence also puts Thetard in Durban on 10/11 March 2000. This is his diary entry for that time which shows that he planned to have a meeting with Zuma on the morning of Saturday, 11 March 2000 (the meeting was subsequently moved to the later afternoon of Friday, 10 March 20000.

Other evidence shows that Zuma was in Durban at the same time. Delique's evidence, other than typing the fax, was that Thetard made the trip to Durban by air.

Zuma lied to Parliament that he had met Thetard in or near Durban on or about 11 March 2000. If he's had the donation meeting, why did he need to lie.

Some of the R1 000 000 payment, R250 000, actually flowed to Zuma via Mauritius and Nkobi Holdings, but then the payments stopped.

If Thomson-CSF made the donation then :
It's all just too fanciful to be true and on the balance of probabilities each of the points favour the acceptance of the literal meaning of the encrypted fax. In total this must add up to a finding beyond a reasonable doubt. Judge Hilary Squires found the evidence to overwhelming.