Konteks, Los Drade en Onbeantwoorde Vrae oor die SA Wapentransaksie |
Publication | Volksblad |
Date |
2006-08-04 |
Reporter |
Gert Coetzee |
Web Link |
Die Transaksie: Die regering het in 1999 ná jare se onderhandelinge en beloftes wapens vir altesaam R30 miljard (R30 000 miljoen!) van verskillende buitelandse verskaffers aangekoop. Teen vandag se wisselkoers sou dit sowat R54 miljoen gewees het.
Mnr. Joe Modise was toe minister van verdediging en adj.pres. Thabo Mbeki voorsitter van die ministerskomitee wat die transaksie bekragtig het.
Besware het feitlik onmiddellik oor die tenderprosedure en beweringe oor voortrekkery en korrupsie opgeduik.
Die Wapenbedryf: Mnr. Hennie van Vuuren, hoof van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) se program oor korrupsie en staatsbestuur, sê die globale wapenbedryf is een van die vuilste bedrywe wat bestaan.
“Dis byna standaardpraktyk vir groot korporasies wat wapens in ontwikkelde en ontwikkelende lande verkoop om omkoopgeld te betaal, regstreeks aan politici en die militêre elite of deur agente.
“Die groot geheimhouding word gegrond op veronderstelde strategiese nasionale belang, sodat die media en algemene gemeenskap baie min toesig oor aankope het.
“Dié geslote aard van die wapenbedryf is ’n teelaarde vir korrupsie.”
Volgens Van Vuuren is dit belangrik om te onthou dat hoewel die regering se vroeëre gesamentlike ondersoek tekortkominge gehad het, daar wel ’n daadwerklike poging tot ondersoek en vervolging in die wapentransaksie was.
Vergeleke met ander lande, het Suid-Afrika baie gedoen. Korrupsieloosheid bly die ideaal. Van die onbeantwoorde vrae oor die SA transaksie is:
Nog Moontlike Getuies: Pres. Thabo Mbeki (wat reeds deur oud-adj.pres. Jacob Zuma as vanselfsprekende getuie uitgewys is); mnr. Chippy Shaik; me. Barbara Masekela; mnr. Mendi Msimang, ANC-tesourier; mnr. Essop Pahad, en andere.
Verdere Verwikkelinge: Zuma-verhoor; Young se hofstryd teen die minister van verdediging; mnr. Terry Crawford-Browne se hofstryd teen die minister van finansies; die Duitse ondersoek, waaroor Der Spiegel berig het; en politieke veldtogte.
Doodloopstrate: Die Nasionale Vervolgingsgesag (mnr. Vusi Pikoli, hoof) het op die DA se navraag oor oorlegpleging met die Duitse vervolgingsgesag gesê dis “onwenslik” vir hom om met ’n politieke party te kommunikeer); die vorige regeringsondersoek (gedryf deur die ouditeur-generaal); die openbare beskermer; die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor).
Dr. Richard Young, hoof van C²I²:
Young sê die oogmerke van sy hofstryd teen die departement van verdediging, is:
Young sê die volgende moet gebeur:
Die Franse en Britse owerhede moet dieselfde in hul land doen.
Implikasies Vir Suid-Afrika: Deursigtigheid van die ANC-regering; geloofwaardigheid (ook vir sy teenkorrupsie-veldtog); deeglike staatsbestuur; toets vir “demokratiese instellings” soos die regbank, vervolgingsgesag, ouditeur-generaal en openbare vervolger (een wat sover gedop is).
Met erkenning aan Gert Coetzee en Volksblad.