Shaik Veg Vandeesweek om Bates te Behou |
Publication | Die Burger |
Date |
2006-01-16 |
Reporter |
Adriaan Basson |
Johannesburg - Mnr. Jacob Zuma se algemeen korrupte verhouding met Schabir Shaik was volgens die staat meer as R34 miljoen werd en hulle wil elke sent daarvan terughę.
Daarom doen die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid (BBE) vandeesweek aansoek by die Durbanse hooggeregshof om 'n beslagleggingsbevel wat die staat onder meer beheer sal gee oor Shaik se aandele in 'n wapenvervaardiger wat by die regering se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie baat gevind het.
In sy aansoek vra die staat ook dat R250 000 se "omkoopgeld" wat die Franse wapenfirma Thales aan Zuma betaal het, uit Shaik se geld verhaal word.
Shaik is op 2 Junie verlede jaar deur regter Hilary Squires skuldig bevind op twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog. Kort daarna is Zuma afgedank en op 14 Junie het die NVG aangekondig dat hy Zuma ook van korrupsie gaan aankla.
Shaik is tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis en sy appPlaansoeke word vanjaar deur die appPlhof aangehoor.
Kort na sy skuldigbevinding het die BBE gesę dat hy ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad op Shaik se bates beslag wil lę. Squires het ingestem dat dit in kuratorskap geplaas word tot hy argumente aangehoor het.
Oormôre is dit D-dag vir Shaik om sy bates te behou as hy teen die staat se gedugte regspan onder leiding van adv. Wim Trengove SC, te staan kom.
Misdadigers word volgens wet verplig om hul direkteurskappe te bedank, maar hy het steeds beheer oor sy bates.
In hul aansoek fokus die staat op vier voordele vir Shaik en sy Nkobi groep wat volgens hulle uit Shaik se korrupte verhouding met Zuma gespruit het.
Dit sluit in die 20%-aandeelhouding in African Defence Systems (ADS) ter waarde van R21 miljoen; ADS-dividende ter waarde van R12,7 miljoen; R500 000 wat Nkobi Investments ontvang het vir die verkoop van sy aandele in Thint Holdings aan Thales; en R250 000 wat deur Thales aan Kobitech betaal is as "omkoopgeld" vir Zuma.
With acknowledgements Adriaan Basson and to Die Burger.