Publication: Volksblad Issued: Date: 2007-05-29 Reporter: Adriaan Basson

Staat Betaal Richard Young R15 Miljoen

 

Publication 

Volksblad

Date 2007-05-29

Reporter

Adriaan Basson

Web Link

www.volksblad.co.za

 

JOHANNESBURG. – Die staat het ’n skikkingsooreenkoms van R15 miljoen aangegaan met een van die grootste kritici van die land se omstrede wapentransaksie.

Dié bedrag sal aan dr. Richard Young, besturende direkteur van CCII Systems, betaal word ingevolge ’n ooreenkoms waarvolgens Young sy eise teen die staat sal terugtrek.

CCII was een van die onsuksesvolle tenderaars om gevegsuites vir die vloot se vier nuwe korvette te voorsien. Dié kontrak van R1,3 miljard is uiteindelik aan African Defence Systems (ADS), waarvan die bedrieër mnr. Schabir Shaik 20% besit, toegeken.

Young het sedertdien ’n “virtuele mediakantoor” oor die wapentransaksie op die internet begin en eise teen verskeie staatsorgane ingestel.

Luidens ’n gesamentlike verklaring van Young, die departement van verdediging en Krygkor het hulle tot ’n vergelyk gekom om die sake te skik. Young se eise teen die staat het glo reeds op meer as R300 miljoen gestaan.

Die R15 miljoen-skikking behels die terugtrek van die volgende sake:

Luidens die gesamentlike verklaring is die oorsake van die skikking regskoste wat tot dusver betaal is en “aansienlike kundige hulpbronne” wat nodig was om verder te gaan. “Die partye het die hoop uitgespreek dat hartlike verhoudings sal voortduur.”

Met erkenning aan Adriaan Basson en Volksblad.