Skerpioene se Britse Versoek |
Publication |
Beeld |
Date | 2007-04-19 |
Web Link |
Regter Ben du Plessis het vroeër die maand ’n aansoek van die Skerpioene goedgekeur om Brittanje om wedersydse regsbystand met die Zuma-ondersoek te nader.
Dit gaan oor ’n bedrag van R1 191 390,12 wat deur ’n Britse prokureursfirma uit hul Barclays-rekening in Londen na Cay Nominees se Nedbank-rekening in Suid-Afrika oorgeplaas is.
Kögl het glo geld uit hierdie rekening gebruik om Zuma se koste – soos ’n woonstel in Killarney, Johannesburg, – te dek.
Die Skerpioene ondersoek die moontlikheid dat hierdie bedrag die omkoopgeld is wat Zuma van Thales ontvang het.
Met erkenning aan Beeld.