Publication: Beeld Issued: Date: 2007-01-25 Reporter: Adriaan Basson

Britse Wapenondersoek 'n 5de Keer Herverwys

 

Publication 

Beeld

Date

2007-01-25

Reporter

Adriaan Basson

 

Brittanje se versoek om bystand met 'n ondersoek na Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie is vandeesweek "soos 'n warm patat *1" vir die vyfde keer na 'n ander staatsinstelling verwys.

Beeld kan vandag onthul dat die Britse kantoor vir ernstige bedrog (SFO) se aansoek om wedersydse regsbystand vandeesweek deur die nasionale vervolgingsgesag (NV) aan die polisie gestuur is.

Dít nadat die polisie vroeër die SFO se versoek gehad en beslis het hulle is nie geskik om dit te hanteer nie.

Die SFO se ondersoek na bewerings van korrupsie met die aankoop van 24 Hawk-opleidingsvliegtuie is gister deur kenners 'n "warm patat" genoem nadat géén Suid-Afrikaanse owerheid ná sewe maande nog ondersoekhulp aan Brittanje kon verskaf nie.

Die SFO was gister nog onbewus daarvan dat die polisie se eenheid teen ernstige ekonomiese misdrywe nóú hul aansoek oorweeg.

Die Britse dagblad The Guardian het drie weke gelede onthul dat ondersoekers van die SFO binnekort na Suid-Afrika sou vertrek om korrupsie met die Hawk-transaksie te ondersoek.

Dit was nadat die SFO reeds op 26 Junie verlede jaar 'n aansoek om bystand aan die departement van justisie en NV gestuur het.

Meer as R1 miljard se omkoopgeld is glo deur BAE Systems betaal vir sukses met die Hawk-transaksie.

Mnr. Fana Hlongwane, voormalige adviseur van oudmin. Joe Modise, is genoem as een van die persone wat glo "kommissies" van BAE ontvang het.

Die Mail & Guardian het onlangs berig die name van mnre. Richard Charter, voormalige hoof van Osprey Aviation wat BAE se agent in Suid-Afrika was, Jules Pelissier, 'n voormalige Zimbabwiër en sakevennoot van die omstrede sakeman John Bredenkamp, en Basil Hersov, voormalige voorsitter van Eerste Nasionale Bank (ENB), kom ook in die SFO-aansoek voor.

Mnr. Hennie van Vuuren, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het gister gesê die Skerpioene was ideaal geplaas om die SFO te help omdat hulle reeds 'n deeglike begrip het van die wapentransaksie.

"Hulle (die Skerpioene) het reeds meer as een individu in verband met die transaksie vervolg en die NV was van die begin af saam met die ouditeur-generaal en openbare beskermer betrokke by die wapenondersoek."

Volgens die Mail & Guardian was die Skerpioene se wapentransaksie-ondersoekspan gemoeid met die Jacob Zuma-saak en kon hulle nie die SFO bystaan nie.

Van Vuuren sê die Skerpioene het 'n tekort aan bevoegde ondersoekers en stel voor dat van die polisie se lede, wat bekwaam is om komplekse ekonomiese misdrywe te ondersoek, vir tyd en wyl na die Skerpioene oorgeplaas word.

"Die polisie het natuurlik kundiges wat korrupsie ondersoek, maar die NV het die kennis oor die wapentransaksie."
Van Vuuren het sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop Suid-Afrika buitelandse owerhede in hul ondersoeke bystaan.
"Ons moet vinniger hiermee werk. Die probleem van multi-nasionale maatskappye wat omkoopgeld betaal, is 'n internasionale probleem - nie net Suid-Afrika s'n nie.

"Om te help met só 'n ondersoek sal die hele ontwikkelende wêreld tot voordeel strek. Dit is ook in ons belang om hierdie ondersoek (die SFO s'n) so spoedig moontlik te voltooi en dit nie soos 'n warm patat te hanteer nie," sê Van Vuuren.

Met erkenning aan Adriaan Basson en Beeld.



*1       English - "A hot potato".

The hottest of the hot for Thabo and some among us.

For Joe Modise, it don't worry him none.

Chippy should be worried because the record shows that he aided and abetted Joe in his relentless mission to ensure British Aerospace were awarded especially the LIFT contract, but also the Gripen contract.

It is also on the record that Chippy as co-chairman of SOFCOM, the Strategic Offers Committee, changed the formula for equipment selection and did so while the Armscor co-chairman, Erich Esterhuyse, was on vacation. But SOFCOM was only a co-ordinating body and according to the official DoD acquisition policy MODAC-I had no mandate or authority in the acquisition process.

Fana Hlongwane is also shown in the record to be deep into the political process of determining the DoD's new acquisition policy.

It is ironic that Hlongwane and the Project Team stipulated the following criteria for Defence Acquisition programme management, inter alia :

It's enough to make a dog vomit.