Publication: Die Burger Issued: Date: 2007-05-04 Reporter: Sapa

Sien Dit So

 

Publication 

Die Burger

Date

2007-05-04

Web Link

www.dieburger.com

 

SIEN dit só: as ’n Shaik-broer sy vinger in die pie het, is daar gewoonlik ’n slang in die gras.

Wat ons by die “wonderlike” eNaTIS-stelsel bring. En die broeders is betrokke. Die minister van vervoer, Jeff Radebe, het mos onlangs aangekondig die electronic National Traffic Information System is nou van stapel gestuur – en ’n moerse sukses.

Sy aankondiging was omtrent ’n nano­sekonde die heilige waarheid voordat die landwye stelsel ge-crash het. Dié stelsel – wat oorspronklik R311?miljoen gekos het, maar nou by R390?miljoen draai – sou die voertuigregistrasieprogram en alles wat daarmee saamgaan, revolusioneer.

Internet-gedrewe, kon jy as Jan Publiek glo sien hoeveel fines jy het, jou kar registreer, noem maar op. Die traffic cops sou glo nog selfs méér kon doen. Maar die ding werk NIE!

Wanneer gaan die regering leer om nie goeie geld agter cronies (Shaiks, anyone?) te gooi nie?

Met erkenning aan Die Burger.