Publication: Die Burger Issued: Date: 2007-05-09 Reporter: Sapa

Zuma : VE-Kerk Distansieer Hom

 

Publication 

Die Burger

Date

2007-05-09

Reporter

Sapa

Web Link

www.dieburger.com

 

JOHANNESBURG. – Die Volle Evangelie-kerk het hom gister gedistansieer van die inseëning van die ANC se vise-president, Jacob Zuma, as ’n erepastoor.

’n Onafhanklike charismatiese organisasie het die Volle Evangelie-kerk (VEK) se geriewe in Ntuzuma, KwaZulu-Natal, gebruik vir die geleentheid.

“Die VEK het geen deel aan die toekenning van dié status nie,” sê past. Christy Perumal, die kerk se sekretaris-generaal, in ’n verklaring. Perumal sê sy kerk is die grootste Pinkster-deno­minasie in Suider-Afrika en het geen konstitusionele bepaling om die status van erepastoor aan iemand toe te ken nie.

“Die status en die voordeel daaraan verbonde is onbekend aan ons,” sê Perumal. Zuma se inseëning het gemengde reaksie uitgelok in geloofsorganisasies en politieke partye. Hy is Saterdag op ’n vergadering van die onafhanklike charismatiese kerke in Ntuzuma, noord van Durban, ingeseën. – Sapa

Met erkenning aan Sapa en Die Burger.