Publication: SABC News Issued: Date: 2007-12-01 Reporter:

Man Murdered at Private Game Reserve

 

Publication 

SABC News

Date

2007-12-01

Web Link

www.sabcnews.com


Seven armed robbers have killed a man at his holiday home in Marloth Park near Komatipoort in Mpumalanga. Marloth Park is a private holiday town within a private game reserve.

Police say Rudi Harris was having a braai with friends when five armed robbers entered his home. While they were arguing, two more robbers arrived and fired a gunshot. The robbers then fled. Police say Harris died on the scene. No one else was injured and nothing had been stolen.

A few years ago, well known TV personality and author Pieter Pieterse was stabbed to death by a number of robbers at his holiday home in Marloth Park.

With acknowledgement to SABC News.


Man met AK's doodgeskiet

Rapport
01/12/2007 18:54  - (SA)
WILLEM PELSER    
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2231290,00.html


Skaars drie maande nadat 'n sakeman van Robertson in die Wes-Kaap 'n huis in die dorpie Marloth Park naby die Krugerwildtuin gekoop het, het hy hier in sy vrou se arms gesterf nadat rowers hom met AK 47-gewere geskiet het.

Die sewe aanvallers het mnr. Rudi Harris (50), sy vrou, Susan, en twee kuiergaste van Middelburg in Mpumalanga Vrydagaand tydens 'n vleisbraai by die deftige Harris-woning oorval.

Reaksiewagte was op die toneel twee minute nadat mev. Harris die noodknoppie gedruk het, maar die rowers was reeds weg, het mnr. Alwyn Kruger, eienaar van Field Sekuriteit in Marloth Park, gister vertel.

Kruger sê Harris het die voorste booswig oorrompel en teen die grond vasgepen.

Twee ander mans het ook oor die heining van die braaiplek gespring, vertel Kruger. Een van die kuiergaste het 'n tuinstoel na hulle geslinger.

Intussen het 'n vierde man Harris in die sy geskiet.

Drie ander booswigte het buite wag gehou, maar toe die skote klap, het almal sonder enige buit gevlug. Harris het 'n entjie gestrompel voordat hy inmekaar gesak het.

Sy vrou het volgens Kruger "reg in die middel van 'n reuseplas bloed gesit en haar man se kop en sy bors gestreel".

"Selfs nadat ek vir haar gesê het hy is dood, het sy vir my gesê: 'Nee, dit kan nie waar wees nie' ," vertel Kruger. "Sy het heeltyd sy naam uitgeroep en histeries gevra: 'Hoekom, hoekom het dit gebeur? Ek wou nie hierheen (Marloth Park) kom nie . . .' "

Sy is gister op die eerste vlug terug na haar kinders in Robertson.

'n Grootskeepse soektog na die aanvallers is gister op tou gesit. Kruger glo dis dieselfde bende wat die laaste paar weke minstens ses rooftogte in Marloth Park uitgevoer het.

'n Polisiebron het gister gesê 'n helikopter gaan ingespan word om in die suidelike deel van die Krugerwildtuin na die skuldiges te soek.

Die skrywer Pieter Pieterse is enkele jare gelede ook in Marloth Park vermoor deur Mosambiekers nie ver van waar Harris doodgeskiet is nie.

Met erkenning aan Willem Pelser en Rapport.