Publication: Die Burger Issued: Date: 2007-11-07 Reporter: Gert Coetzee

'Smet van Korrupsie Leef Voort'

 

Publication 

Die Burger

Date

2007-11-07

Reporter

Gert Coetzee

Web Link

www.dieburger.com

 


Kaapstad. - Die baie rook oor die regering se omstrede wapentransaksie is só warm dat dit enige oomblik aan die brand kan slaan.

Só het dr. Richard Young, hoof van die Kaapse maatskappy C²I², gister gesê by navraag oor nuwe bewerings van korrupsie met die Suid-Afrikaanse wapentransaksie van R30 miljard in 1998.

Ook ander menings wat gekry is ná me. Patricia de Lille, OD-leier, se "onthullings" oor die wapentransaksie Dinsdag in die parlement is dat dié "korrupsie-rook" nie gaan verdwyn nie.

De Lille het in die Nasionale Vergadering "bevestig" die ANC, Nelson Mandela-kinderfonds en die Stigting vir Gemeenskapsontwikkeling het in 1999 elk R500 000 van die Duitse wapenmaatskappy Thyssen-Krupp gekry.

Mnr. Hennie van Vuuren, hoof van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) se program oor korrupsie en staatsbestuur, meen solank die persepsie *1 voortleef dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en ander agentskappe nie die gesag het om die beweerde korrupsie ten volle te ondersoek nie, of verhinder word om dit te doen, sal "die reuk van 'n skandaal" voortduur.

"Meer inligting kan in komende jare verwag word uit die Sweedse, Britse en Duitse ondersoeke na maatskappye in hul lande se beweerde medepligtigheid.

"Die Suid-Afrikaanse owerheid moes ook die saak ten volle laat ondersoek het sodat enkelinge hul name kan skoon kry en die botsing tussen staatsinstellings endkry."

Volgens Van Vuuren is die NVG, en veral die Skerpioene, met hul opgeboude kundigheid oor die wapentransaksie die regte instelling vir dié ondersoek.

Mnr. Pieter Groenewald, VF+-woordvoerder vir verdediging, sê die aantygings van korrupsie tas nie net net die beeld van die ANC en enkelinge aan nie, maar die hele plaaslike krygstuignywerheid.

"Die kontrakte kan nie meer gestop word nie en die meeste wapentuig is gelewer *2, maar die smet van korrupsie gaan voortleef."

Met erkenning aan Gert Coetzee en Die Burger.



*1       There is no perception.

President Mbeki has directly told the world that the investigation into the Arms Deal in this country is finished and will not be re-opened under any circumstances.

This is about the closest one could get to an admission of known wrongdoing.


*2      Not true, the most expensive component by far is the Gripen fighter aircraft. None have been delivered.

They are also not actually required by the SAAF until 2012 at the earliest. The SAAF also has no money for fuel to fly them and few pilots.

If the Gripen deal is corrupt, which it surely is with British Aerospace about, then the Gripen contract should be cancelled under the Remedies in Case of Bribes clause.

Then the Cheetah-C should get a 5-year life extension to 2017 and a proper project study for their replacement should begin soon with its report completed by 2010. Then there should be two years of acquisition processes and new tenders awarded in 2012 for a system that the country really requires and can afford.


There is still one submarine to be delivered and If this deal is corrupt, which it surely is as Ferrostaal also paid bribes to secure it, then the submarine contract should be cancelled under its Remedies in Case of Bribes clause.

South Africa does not really needs submarines and the SA Navy cannot afford to run them.

Ferrostaal could take back the two other boats and sell them on the open market.