Publication: Die Burger Issued: Date: 2010-07-12 Reporter: Erika Gibson

Klaer ‘tree self onwettig op’

 

Publication 

Die Burger

Date 2010-07-12
Reporter Erika Gibson

 
Die senior offisier in beheer van veiligheid en intelligensie in die vloot se hoofkwartier in Pretoria het haar nié vergewis van bestaande regulasies oor toegangsbeheer nie.

Sy het inteendeel self onwettige opdragte oor deursoekings gegee terwyl sy nou beweer ’n admiraal het skandalig opgetree deurdat hy geweier het dat sy voertuig deursoek word.

Dít was van die argumente wat gister in die militêre hof in Thaba Tshwane deur die verdediging aangevoer is in die verhoor van s.adm. Bernie Teuteberg, hoofdirekteur van maritieme strategie.

Teuteberg staan tereg op 11 aanklagte, wat wissel van skandalige gedrag tot die weiering van ’n wettige bevel. Hy ontken skuld.

Adv. Salie Joubert SC, namens Teuteberg het gister die getuienis van kapt. (vloot) Faith Mthe-tho, senior stafoffisier van vlootinligting en teeninligting, uitmekaargetrek.

Teuteberg het op 23 Maart verlede jaar vir Mthetho gaan roep nadat twee wagte by die vloothoofkwartier daarop aangedring het om Teuteberg se motor te ondersoek.

Hy het geweier en daarop aangedring dat dit deur ’n mede-offisier gedoen word.

Sy het getuig dat s.adm. Mo-soeu Magalefa, voormalige hoof van vlootstaf wat die klagte teen Teuteberg aanhangig gemaak het, ná die voorval tydens ’n bevelsraadvergadering opdrag gegee het dat álmal voortaan deurgesoek moet word.

Hy is in elk geval later na aanleiding van dié voorval van skandalige gedrag aangekla.

n Aanklag van die weiering van ’n wettige bevel is gemaak toe hy later wéér ondanks Magalefa se “opdrag” geweier het.

Sy het ook aangevoer dat sy probeer het om ’n kopie van regulasies oor deursoekings in die hande te kry, maar dat daar nie so iets was nie.

Joubert het ’n vlootorder wat in 2004 opgestel en steeds geldig is, aan haar voorgehou waaruit dit duidelik blyk dat Teuteberg binne sy regte opgetree het.

Nadat sy herhaaldelik onder kruisverhoor uitgerekte verduidelikings gegee het op Joubert se vrae en die gemoedere begin oorkook het, het kol. Kenneth Mandela, senior militêre regter, Mthetho gemaan om haar by antwoorde te bepaal eerder as by verduidelikings.

Joubert het verder aangevoer dat die sogenaamde “besluit” van Magalefa nié geldig was nie omdat Teuteberg op die bepaalde dag die waarnemende voorsitter van die stafraadvergadering was in die plek van die hoof van die vloot.

Slegs laasgenoemde mag besluite goedkeur en as sy afgevaardigde het Teuteberg trouens genotuleer dat hy nié die besluit kon onderskryf nie.

Desondanks het Mthetho die wagte ná die vergadering opdrag gegee om almal deur te soek, wat neerkom op ’n onwettige bevel.

Die order bepaal dat ’n persoon áltyd moet toestemming gee dat hy deursoek mag word. Ek twyfel of u ooit daardie order gelees het én dan wil u beweer adm. Teuteberg het skandalig opgetree?” het Joubert aan haar gesê.

Ek vermoed daar was ’n mate van uitlokking voortspruitend uit daardie vergadering ...” het Joubert gesê.

With acknowledgements to Erika Gibson and Die Burger.