Publication: Volksblad Issued: Date: 2013-07-24 Reporter: Gert Coetzee Reporter:

Arms Deal's SA 'contribution'

 

Publication 

Volksblad

Date 2013-07-24
Reporter

Gert Coetzee

Web Link www.volksblad.com



ANY betting that the Seriti commission of inquiry into South Africa's arms (note: scandal; transaction) earthshaking dust proof?

Do not breath. And if the commission or with any major findings or recommendations would come up long after election 2014 - who would decide on further action it should?

One JZ. He who, due to his involvement in the whole arms-bribery never become president had. But deprived that damn spioenbande him as cruel to his "day in court" to be able to explain about his "symbiotic relationship" with convicted Shabir Shaik (terminally ill for years now) and those secret meeting with Alain Thetard French arms company Thint.

Same JZ, according to Professor. Willie Esterhuyse (in his book Final; Secret talks and the end of apartheid) in the late 1980s in his first European encounter with the professor and other intermediaries of National Intelligence corruption is an absurdity that the ANC will not tolerate.

Famous last words. The ANC was barely in office when he shows his true colors.

The new rulers that corruption had snout think unholy arms deal. Without the history doctor: What a crucial watershed for clean, transparent, accountable government had become the model of how to do this is no.

Or rather how to do it so that the self-enrichment (euphemism for theft of state money coming from taxpayers) of a few quest.

In the name of a better life for all.

The model works like this: Earmarking a project worth millions but preferably will cost billions of dollars to state funds. Newwermaaind whether the project infrastructure, resources, facilities or services will deliver what is really needed.

The main requirement obliging "contractors" to get snap "tendering" is a code word for money laundering. And in gratitude for successful "tender program" personal political wallets will be filled.

The initial monetary value of the transaction for weapons (South Africa not needed) was about R13 billion in 1998. Nowadays spoke of R70 billion was silent.

No wonder it has such a passionate courtship of arms manufacturers with the new government elite unleashed.

With vryersgeskenkies and all.

A Yengbenzi Tony Three Merc Yengeni and others. JZ a windfall of R500 000 a year, but oh yeah, it's never been proven.

For the late Joe Modise, former defense minister - exactly how much is in the Seriti commission must come now.

About payments to Fana Hlongwana, staatsadviseur on arms purchases (read: herontplooide ANC politician), no doubt. Well over R150 million, less or more.

Today, South Africa with Gripens not fly frigates that go and submarines that dive because it was not necessary and there is no money for maintenance and training. And the air force and army, like so many other things in the beloved country fall apart.

But the ANC did learned a lot from the arms deal. This innovative tender concept is now used freely elsewhere. As in the great State padprojek stuttered to a halt.

And that unnecessary dairy project at Peace which R40 million was spent without having bought a cow. Taxpayers are already being milked.

Call it the model for and how to get away with corruption. Also known as tenderpreneurship or transaction politics. That the arms "contribution".

Oh, the Seriti Commission. Do not waste your money. You already pay tax.


This commentator has it more-or-less exactly right.

Google Translate less so.


Wapenskandaal se SA ‘bydrae’

Volksblad
Gert Coetzee
24 Julie 2013
http://www.volksblad.com/opinie/2013-07-24-rubriek-wapenskandaal-se-sa-bydrae


ENIGE weddenskappe dat die Seriti-kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se wapenskandaal (let wel: skandaal; nie transaksie nie) aardskuddende stof gaan lewer?

Moenie asem ophou nie. En indien die kommissie wel met enige ingrypende bevindinge of aanbevelinge vorendag sou kom – lank ná verkiesing 2014 – wie sou oor verdere optrede daaroor moes beslis?

Ene JZ. Hy wat weens sy betrokkenheid in die hele wapen-omkopery nooit president moes geword het nie. Maar toe ontneem daardie vervlakste spioenbande hom so wreed van sy “dag in die hof” om te kon verduidelik oor sy “simbiotiese verhouding” met die veroordeelde Schabir Shaik (wat nou al jare lank terminaal siek is) en dáái geheime afspraak met Alain Thetard van die Franse wapenmaatskappy Thint.

Dieselfde JZ wat, volgens prof. Willie Esterhuyse (in sy boek Eindstryd; Geheime gesprekke en die einde van apartheid) in die laat 1980’s in sy eerste Europese ontmoeting met die professor en ander tussengangers van Nasionale Intelligensie verklaar het korrupsie is die een onding wat die ANC nie sal duld nie.

Famous last words. Die ANC was skaars aan die bewind toe wys hy sy ware kleure.

Die nuwe regeerders wat korrupsie moes snuit, dink die onheilige wapentransaksie uit. Sonder om die geskiedenis op te rakel: Wat ’n beslissende waterskeiding vir skoon, deursigtige, verantwoordbare regering moes wees, raak toe dié model van hoe om dit nié te doen nie.

Of eerder hoe om dit so te doen dat die selfverryking (eufemisme vir diefstal van staatsgeld komende van belastingbetalers) van enkeles die strewe is.

In die naam van ’n beter lewe vir almal.

Die model werk so: Oormerk ’n projek wat miljoene maar verkieslik miljarde rande aan staatsgeld gaan kos. Newwermaaind of die projek infrastruktuur, hulpbronne, geriewe of dienste gaan lewer wat werklik nodig is.

Die hoofvereiste is om gedienstige “kontrakteurs” te kry wat snap “tenderprosedure” is ’n kodewoord vir geldwassery. En dat uit dankbaarheid vir suksesvolle “tenderskap” persoonlike politieke beursies gevul sal moet word.

Die aanvanklike geldwaarde van die transaksie vir wapens (wat Suid-Afrika nie nodig gehad het nie) was sowat R13 miljard in 1998. Deesdae word gepraat van R70 miljard wat daarmee heen is.

G’n wonder dit het só ’n vurige hofmakery van die wapenvervaardigers met die nuwe regeringselite ontketen nie.

Met vryersgeskenkies en al.

’n Yengbenzi vir Tony Three-Merc Yengeni en andere. Vir JZ ’n meevallertjie van R500 000 per jaar, maar o ja, dis nooit bewys nie.

Ook vir wyle Joe Modise, destydse minister van verdediging – presies hoeveel is wat nou in die Seriti-kommissie moet uitkom.

Oor die betalings aan Fana Hlongwana, staatsadviseur oor die wapen-aankope (lees: herontplooide ANC-politikus), is nie twyfel nie. Wel oor of dit R150 miljoen, minder of meer was.

Vandag sit Suid-Afrika met Gripens wat nie vlieg nie, fregatte wat nie vaar nie en duikbote wat nie duik nie – omdat dit nooit nodig was nie en daar nie geld vir instandhouding en opleiding is nie. En die lugmag en leër, soos soveel ander dinge in die geliefde land, val uitmekaar.

Maar die ANC hét baie uit die wapentransaksie geleer. Dié innoverende tenderkonsep word nou vryelik elders toegepas. Soos in die groot Vrystaatse padprojek wat tot stilstand gestotter het.

En daardie onnodige suiwelprojek by Vrede waaraan R40 miljoen al bestee is sonder dat een koei gekoop is. Belastingbetalers word reeds gemelk.

Noem dit die model vir korrupsie en hoe om daarmee weg te kom. Ook bekend as tenderpreneurskap of transaksiepolitiek. Dís die wapenskandaal se “bydrae”.

O ja, die Seriti-kommissie. Moenie jou geld mors nie. Jy betaal al reeds taks.

With acknowledgement to Gert Coetzee and Volksblad.