Seriti hearings start |
Publication |
Beeld |
Date | 2013-07-10 |
Reporter |
Maryna Lamprecht |
Web Link | www.beeld.co.za |
Witnesses next week; 6 people
approached on previous list
After months of delays and numerous
allegations Seriti commission's integrity be
compromised, he said the Commission is ready
in less than a month with his first trial.
William Baloyi, spokesperson of the
commission investigating the arms deal, said
the first witness will be held on August 5
at the Sammy Marks Conference Centre in
Pretoria slides behind the witness stand.
Who is going to be such and such then is
still unclear and Baloyi did not want this
exhaust. "A revised witness list will be
announced next week," he said.
He said all the witnesses have been
notified.
Twelve referees were initially sued in the
first round would begin in March, witness.
The hearing was later postponed because the
commission was not ready.
Beeld has learned that at least six people
on the initial list, this time summoned to
testify before the commission.
Terry Crawford-Browne, arms deal activist,
said he was informed of his next year will
testify.
"I have no idea who has been subpoenaed to
testify next month."
The back-and-forth with witnesses, ambiguity
and mystery, he says, an indication that the
commission does not know what he was doing
and "playing around" to stretch the process
deliberately.
Norman Moabi former investigator with the
commission in January resigned from the
commission because the commission believes
are not transparent and "second agenda"
industry.
Crawford-Browne is currently in the process
of justice Willie Seriti, commission
chairman, to court to try to force him to
sue ANC members to testify before the
commission.
Dr. Richard Young, one of the unsuccessful
bidders in the arms deal, said he was
informed that he is next year will testify.
Although the commission remains within its
budget of R40 million, it will not make its
deadline of November and it has asked for
another year and more money.
Mac Maharaj, President. Jacob Zuma's
spokesman, yesterday did not want to comment
on the commission's work and progress.
Beeld
Maryna Lamprecht
10 Julie 2013
http://www.beeld.com/nuus/2013-07-10-seriti-verhore-begin-dn
Ná maande se uitstel en talle bewerings wat
die Seriti-kommissie se integriteit onder
verdenking geplaas het, sê die kommissie hy
is gereed om oor minder as ’n maand met sy
eerste verhoor te begin.
William Baloyi, woordvoerder van die
kommissie wat die wapenskandaal ondersoek,
het gesê die eerste getuie sal op 5 Augustus
by die Sammy Marks-konferensiesentrum in
Pretoria agter die getuiebank inskuif.
Wie dié en dié daarna gaan wees is egter nog
onduidelik en Baloyi wou hom nie hieroor
uitlaat nie. “ ’n Hersiene getuielys sal
volgende week bekendgemaak word,” het hy
gesê.
Hy het gesê al die getuies is reeds in
kennis gestel.
Twaalf fluitjieblasers is aanvanklik
gedagvaar om in die eerste ronde wat in
Maart sou begin, te getuig.
Dié verhore is later uitgestel omdat die
kommissie nie gereed was nie.
Beeld het verneem minstens ses mense op die
aanvanklike lys is dié keer nie gedagvaar om
voor die kommissie te getuig nie.
Terry Crawford-Browne,
wapentransaksie-aktivis, het gesê hy is
ingelig dat hy eers volgende jaar sal getuig.
“Ek het geen idee wie gedagvaar is om
volgende maand te getuig nie.”
Die heen-en-weer met getuies, onduidelikheid
en geheimsinnigheid is volgens hom ’n
aanduiding dat die kommissie nie weet wat hy
doen nie en “rondspeel” om die proses
doelbewus uit te rek.
Norman Moabi, voormalige ondersoeker by die
kommissie, het in Januarie uit die kommissie
bedank omdat die kommissie glo nie
deursigtig is nie en ’n “tweede agenda”
bedryf.
Crawford-Browne is tans in die proses om
regter Willie Seriti, kommissie-voorsitter,
hof toe te sleep om hom te probeer dwing om
ANC-lede te dagvaar om voor die kommissie te
getuig.
Dr. Richard Young, een van die onsuksesvolle
tenderaars in die wapentransaksie, het gesê
ook hy is in kennis gestel dat hy nou eers
volgende jaar gaan getuig. Hoewel die
kommissie steeds binne sy begroting van R40
miljoen is, gaan hy nie sy spertyd van
November haal nie en gaan hy vir ’n jaar
uitstel en meer geld vra.
Mac Maharaj, pres. Jacob Zuma se
woordvoerder, wou gister geen kommentaar oor
die kommissie se werk en vordering lewer
nie.
With acknowledgement to Maryna Lamprecht en Beeld.