Seriti se mense verdien miljoene |
Publication |
Beeld |
Date | 2013-09-05 |
Reporter |
Maryna Lamprecht |
Web Link | www.beeld.co.za |
‘Lojaliteit kan
gekoop word met soveel geld’
‘Afgryslike bedrae geld” word aan die
Seriti-kommissie se getuienisleiers betaal.
Dokumente van die parlementêre
portefeuljekomitee oor justisie wys die
kommissie se tien getuienisleiers verdien
gesamentlik R50 miljoen per jaar.
Die vyf senior
getuienisleiers kry elk gemiddeld R6 miljoen,
terwyl die ander R4 miljoen per jaar betaal
word om die land se omstrede
wapentransaksies te ondersoek.
Drie senior advokate het op voorwaarde van
anonimiteit gesê dié salarisse is
buitensporig.
“Dit klink vir my na ’n afgryslike bedrag
geld,” het ’n senior advokaat van die
Oos-Kaap gesê.
“Daar bestaan beslis ’n gevaar dat jy met
soveel geld iemand se lojaliteit kan koop.”
Die Johannesburgse Balieraad het gesê geen
riglyne vir advokate se betaling bestaan nie
aangesien hulle self hul tariewe vasstel.
Die kommissie, wat in November 2011 met sy
werk begin het, het aanvanklik twee jaar en
’n begroting van R40 miljoen gekry om sy
werk te voltooi.
Die kommissie het intussen erken hy gaan nie
sy sperdatum haal nie en die R40 miljoen
gaan te min wees.
Luidens die parlementêre dokumente word die
kommissie se koste nou op R101,2 miljoen per
jaar gereken – meer as vyf keer meer as die
aanvanklike R20 miljoen wat hy sou kry.
Die departement van justisie het die
salarisse verdedig en gesê die tien
getuienisleiers word ingevolge die
departement van staatsdiens en administrasie
se riglyne betaal.
Dieselfde verslag wys die drie senior
advokate wat as getuienisleiers by die
Farlam-kommissie werk, verdien saam R10
miljoen per jaar – net meer as die helfte
van dié by die Seriti-kommissie.
Dié kommissie, wat die Marikana-slagting
ondersoek, kos die belastingbetaler ook
heelwat minder – R47,6 miljoen per jaar.
Op die vraag hoekom die Seriti-kommissie
soveel meer as die Farlam-kommissie kos, het
Mthunzi Mhaga, departementele woordvoerder,
gesê die koste van kommissies word bepaal
deur die getal personeellede, die tydsduur
van die kommissie, administrasiekoste,
veiligheid en die kompleksiteit van die
ondersoeke, asook waar die openbare verhore
gehou word.
David Maynier, DA-LP, het gesê dit is
verregaande om R50 miljoen per jaar tussen
tien getuienisleiers te verdeel.
Volgens die begroting word R4,7 miljoen per
jaar aan ’n forensiese ouditeur bestee.
“Gegewe die miljoen bladsye dokumente
waartoe die kommissie toegang het, sou ek
dink ’n beduidende bedrag sal opsy gesit
word vir forensiese ouditwerk om die
besonderhede van die wapentransaksies op te
diep,” het Maynier gesê.
Hoewel dit nog nie amptelik aangekondig is
nie, wys die dokumente die kommissie se
sperdatum is met ’n jaar verleng.
William Baloyi, kommissiewoordvoerder, was
nie daarvan bewus dat die kommissie se
versoek vir ’n verlengde sperdatum
goedgekeur is nie.
Hy wou nie kommentaar lewer op wat die
getuienisleiers verdien nie.
...
Só bestee die kommissie
• Werknemers se vergoeding: R13,5
miljoen
• Goedere en dienste: R68,2 miljoen
• Masjinerie en toerusting: R115 000
• Litigasie (geskat): R20 miljoen
- Totale jaarlikse koste: R102 miljoen
Werknemers en konsultante kos:
• Werknemers (13): R13,5 miljoen.
• Regters (3): Salarisse deur die
departement van justisie betaal.
• Konsultante (11), onder wie
* Senior
getuienisleiers (5): R30 miljoen
* Getuienisleiers (5): R20 miljoen
* Forensiese ouditeur (1): R4,7
miljoen
- Totale jaarlikse koste: R68,2 miljoen
With acknowledgement to Erika Gibson en Beeld.
Seriti people earn millions
Beeld
Maryna Lamprecht
5 September 2013
http://www.beeld.com/nuus/2013-09-05-seriti-se-mense-verdien-miljoene
Loyalty can be purchased with as much
money
' Horrific amounts of money " to pay Seriti
Commission 's testimony leaders .
Documents show the parliamentary portfolio
committee on justice earn the commission 's
ten testimony leaders of R50 million every
year .
The five senior
testimony leaders each get an average of R6
million , while the other R4m/year paid
to investigate the country's controversial
arms deal .
Three senior advocates said on condition of
anonymity that the salaries are excessive .
" It sounds to me like a disgusting amount
of money , " said a senior advocate of the
Eastern Cape .
" There is certainly a danger that with so
much money can buy someone 's loyalty . "
The Johannesburg Bar Council said no
guidelines for lawyers ' pay as they fix
their own tariffs .
The commission , which began its work in
November 2011 , initially for two years and
had a budget of R40 million to complete his
work .
The commission has since admitted that he
will not make his deadline and the R40
million will be few .
According to parliamentary documents , the
commission's costs have on R101 , counted 2
million a year - more than five times more
than the original R20 million he would get.
The Justice Department has defended the
salaries , saying the ten testimony leaders
in terms of the Department of Public Service
and Administration 's pay guidelines .
The same report shows the three senior
advocates that leaders in evidence at Farlam
commission work , earn R10 - million a year
- just over half of those at the Seriti
commission .
The commission investigating the Marikana
massacre , taxpayers also cost less - R47 ,
6 million per year .
When asked why the Seriti commission so much
more than the Farlam Commission food,
Mthunzi Mhaga Department spokesman , said
the cost of commissions are determined by
the number of staff , the duration of the
commission, administration costs , safety
and the complexity of the investigations and
public hearings are held .
David Maynier , DA MP , said it was
outrageous to R50 million per year divided
between ten testimony leaders .
According to the budget , R4 , 7 million per
year spent on a forensic auditor .
" Given the million pages of documents which
the commission has access , I would think a
significant amount will be set aside for
forensic audit work out the details of the
arms deals in too deep , " said Maynier .
Although not yet officially announced , that
the documents the commission 's deadline is
extended by a year .
William Baloyi , commission spokesman was
not aware that the commission 's request for
an extended deadline approved.
He declined to comment on the evidence
leaders deserve .
...
So the commission spent
• Workers ' compensation : R13, 5 million
• Goods and services : R68, 2 million
• Machinery and equipment : R115 000
• Litigation ( estimated ) : R20 million
- Total annual cost : R102 million
Employees and consultants of food :
• Employees ( 13 ) : R13, 5 million .
• Judges ( 3 ) :
The salaries paid by the Justice Department
.
• Consultants ( 11 ) , including
* Senior witness
leaders ( 5 ) : R30 million
* Evidence Leaders ( 5 ) : R20 million
* Forensic Auditor ( 1 ) : R4, 7
million
- Total annual cost : R68, 2 million
It's hard to
think that the R102 million is an annual
cost.
I told the commission more than a year ago
that it would take 5 years and more than 100
staff to do a proper job.
So if the R102 million is annual then that's
half a billion Rand.
That's double that the Chief Chacma spent on
his cage.
And they only spend R115 000 on equipment
which is far too little for a high-speed
scanner (120 pages per minute @ USD32 190 or
about R330 000) to scan the 4,7 million
pages of documents that they have.
Penny foolish, pound foolish.