Publication: Die Burger Issued: Date: 2012-11-25 Reporter: Philda Essop

‘Verruil wapens vir geld’

 

Publication 

Die Burger

Date 2012-11-25
Reporter Philda Essop
Web Link www.news24.com



KAAPSTAD – Suid-Afrika kan minstens R70miljard terugkry deur transaksies met wapenverskaffers te kanselleer en die wapentuie aan hulle terug te gee.

Adv. Paul Hoffman, een van die getuies in die regterlike kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie, het dié berekening gedoen.

Hy glo dit is te laat om enigiemand suksesvol te vervolg *2.

“Ek is wel daarvan oortuig dat ons van die geld kan terugkry. Dit kan gebruik word om vir skole, hospitale en ander noodsaaklikhede te betaal,” het hy gister by navraag gesê.

Hoffman is die direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika. Hy het vroeër ’n brief aan die kommissie geskryf waarin hy onder meer uiteensit hoe die geld teruggekry kan word.

Appèlregter Willie Seriti wat die ondersoek na die kommissie sal lei, het eergister die twaalf getuies, onder wie Hoffman, bekend gestel.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het in 1999 as PAC-LP die “De Lille-dossier”, wat bewerings oor korrupsie oor die wapentransaksie bevat, aan die Skerpioene oorhandig.

Ofskoon 13 jaar verloop het en “getuienis waarskynlik sedertdien vernietig” is, sien sy daarna uit om in die ondersoek te getuig.

Sy is egter ontevrede dat pres. Jacob Zuma elke ses maande oor die vordering van die kommissie se werk ingelig moet word.

“Ek het vroeër gesê ek sal getuig en het my bewyse ingedien, maar ek dink nie dit is reg dat Zuma gereeld terugvoering moet kry nie,” het sy gesê.

Pres. Zuma is self van korrupsie aangekla weens sy sakeverhouding met die veroordeelde Schabir Shaik, maar dié saak is later laat vaar. Shaik, Zuma se voormalige finansiële adviseur, is in 2005 15 jaar tronkstraf opgelê weens korrupsie en bedrog.

Terry Crawford-Browne, wapentransaksie-aktivis, nog ’n getuie, het gister gesê Seriti se aankondiging klink belowend.

“Ons is belowe dat die proses oop en deursigtig sal wees. Die hele wapentransaksie was ongrondwetlik. As die kontrak gekanselleer word en die toerusting teruggegee word, sal ons minstens van die geld kan terugkry,” het hy gesê.

Seriti het gesê die openbare sittings sal tussen 4 Maart en 31 Mei in Pretoria plaasvind.

Die ander getuies is Fana Hlongwane, Reanette Taljaard, Andrew Woods, Paul Holden, David Maynier, DA-LP, maj.genl. Hans Meiring, kol. Johan du Plooy, dr. Richard Young, Gavin Woods, voormalige IVP-LP en Andrew Feinstein, voormalige ANC-LP.

With acknowledgement to Philda Essop and Die Burger.



So it's too late to to prosecute anyone.

What about Thomson-CSF?

In my view it'll be nigh impossible to get the money back.

There are many reasons inter alia balance of convenience to both contracting parties, i.e. The South African Government and its counterpart in each instance.

But it will be a hard jurisprudential yard to overcome when the Sellers testify that the Buyer asked for the bribes in each instance and that at that time before February 1999 it was lawful in these countries to pay bribes to foreign officials in order to garner business for their companies and countries.

So the long and the short of it is that, other than a R40 million aspilt upon the ground, this endeavour seems to be going to be a fruitless one.