Publication: Rapport Issued: Date: 2012-11-25 Reporter: Llewellyn Prince

Wapens: Sakeman het Zuma in visier

 

Publication 

Rapport

Date 2012-11-25
Reporter Llewellyn Prince


’n Sakeman met ’n regstreekse verbintenis met die omstrede wapentransaksie gaan vrae opper oor pres. Jacob Zuma se betrokkenheid by dié skandaal wanneer hy voor die kommissie van ondersoek verskyn.

Dr. Richard Young, wie se maatskappy CCII Systems destyds ’n tender vir ’n kontrak in die wapentransaksie verloor het, is gister as een van die eerste 12 getuies genoem wat voor die kommissie moet getuig. Young het gistermiddag aan Rapport gesê hy is Vrydagaand per epos verwittig dat hy moet getuig.

“Ek weet baie van die wapentransaksie. Daar is egter ’n paar vrae (oor Zuma se betrokkenheid) wat ek voor die kommissie gaan vra wat almal te bang is om te vra.”

Hy wou nie uitwei nie.

Nog ’n getuie, adv. Paul Hoffman van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in SuiderAfrika, het nie geweet dat hy moet getuig totdat Rapport hom gister daaroor gebel het nie. “Ek het ’n jaar gelede toe die kommissie aangestel is ’n brief aan die hoofgetuienisleier gestuur waarin ek hulle ingelig het hoe om te werk te gaan.

“Pleks om na my te luister, het die kommissie ’n jaar gemors om hope nuttelose dokumente te versamel. “Net drie weke gelede het hulle met ondersoekers van die wapentransaksie begin praat, soos ek al ’n jaar gelede versoek het.”

Young en Hoffman is saam met David Maynier, DALP, Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, genl.maj. Hans Meiring en kol. Johan du Plooy, albei van die Valke, en Terry Crawford-Browne, ’n antiwapentransaksieaktivis, as die eerste getuies gelys.

Ander getuies is prof. Gavin Woods, wat voorsitter was van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge tydens die wapentransaksie, Andrew Feinstein, oudANCLP en skrywer van boeke oor die wapentransaksie, Paul Holden, ook ’n skrywer, Raenette Taljaard, gewese DALP, en Fana Hlongwane, omstrede sakeman en vermeende wapentransaksiebegunstigde.

Maynier het by navraag gesê die kommissie moet toegelaat word om sy werk te doen.

Regter Willie Seriti, voorsitter van die kommissie waarin hy deur regters Francis Legodi en Thekiso Musi bygestaan word, het gister gesê die eerste openbare verhore is van 4 Maart tot 31 Mei 2013 in Pretoria.

Hy sê dit is teleurstellend dat net sewe belanghebbendes teen 30 Julie vanjaar skriftelike voorleggings aan die kommissie gemaak het.

“Ons sal egter álle persone wie se name tydens die getuienis opduik, dagvaar om te kom getuig.

“Dit sal ’n misdaad wees om die dagvaarding te weier. Getuienis voor die kommissie sal egter nie in ander strafregtelike vervolgings gebruik kan word nie.”

Volgens Seriti het individue wat hulle gedink het voorleggings sou maak omdat hul name met die wapentransaksie verbind is, dit nie gedoen nie. Alle staatsdepartemente het egter dokumente wat gevra is aan die kommissie oorhandig. Dokumente van tot 4,5 miljoen bladsye is aan die kommissie besorg.

Voorts is versoeke vir inligting ook gestuur aan ondersoekowerhede en maatskappye in Duitsland,


With acknowledgement to Rapport.


Fortunately, my questions are only related to the involvement of this crook.

But they go directly to the further crookedness of others.

Qualified privilege it'll be then.

The torture never stops, the torture never stops, the torture never stops.