Zuma kry wapengeld, wys verslag |
Publication |
Rapport |
Date | 2012-12-09 |
Reporter |
Jeanne van der Merwe, Adriaan Basson |
Web Link | www.rapport.co.za |
Daar is voorheen aangevoer pres. Jacob Zuma
sou omkoopgeld van
R500 000 per jaar van die Franse wapenmaatskappy
Thales ontvang het.
’n Uitgelekte forensiese verslag verbind
pres. Jacob Zuma nou
vir die eerste keer met die
Duitse
ingenieursgroep MAN Ferrostaal, wat die
kontrak vir drie
duikbote in die omstrede wapentransaksie
ontvang het.
Dié kontrak het sowat R8 miljard beloop.
’n Verslag deur die ouditgroep KPMG oor Zuma se
finansies onthul dat
Ferrostaal minstens R230 000 aan Zuma betaal
het. Dit opper nuwe vrae oor Zuma se
betrokkenheid by en invloed op die
wapentransaksie van sowat R70 miljard.
Daar is voorheen aangevoer Zuma sou omkoopgeld
van R500 000 per jaar van die Franse
wapenmaatskappy Thales ontvang het. ’n Tender
van R1,3 miljard is destyds aan Thales toegeken
om die vloot se nuwe korvette met tegnologie toe
te rus.
Regter Hilary Squires het bevind dat ’n gedeelte
van Thales se omkoopgeld gebruik is om vir
bouwerk by Zuma se private tuiste by Nkandla te
betaal.
Mail & Guardian het die volle KPMG-verslag
van 2006 gister op hul webblad gepubliseer.
Die ander omstrede onthulling is dat oudpres.
Nelson Mandela R1 miljoen in Zuma se
bankrekening betaal het kort nadat oudpres.
Thabo Mbeki hom in 2005 as adjunkpresident
afgedank het.
Die KPMG-oudit is gedoen tydens die destydse
ondersoek na aanklagte van korrupsie teen Zuma
wat in April 2009 laat vaar is. Dit gee ’n blik
op Zuma se chaotiese geldsake en dat die
R230 000 van
Ferrostaal*1 klaarblyklik gebruik is om
vir ’n Mitsubishi
Pajero te betaal.
Die motorfinansieringslening was in daardie
stadium agterstallig.
Luidens die verslag het WesBank die huurkoop van
die Pajero toegestaan ten spyte daarvan dat die
bank aangedui het Zuma se gedrag met ’n vorige
leningsooreenkoms met die bank was “swak”.
City Press, Rapport se
susterkoerant, het vrae aan Ferrostaal en Mac
Maharaj, Zuma se woordvoerder, gestuur. Hulle
het teen druktyd nog nie gereageer nie.
Ferrostaal se nuwe bestuur het verlede jaar vir
Debevoise & Plimpton (D&P), ’n internasionale
regsfirma, gevra om ’n ondersoek te doen na die
bewerings van omkopery deur die maatskappy om
internasionale wapentransaksies los te slaan.
Mail & Guardian het verlede jaar berig dat D&P
bevind het meer as $40?miljoen (sowat R346
miljoen) is aan agente in Suid-Afrika betaal om
die uitkoms van die duikboot-transaksie te
beïnvloed.
Ferrostaal se hoofagente in Suid-Afrika was Tony
Georgiadis, ’n kennis van oudpres. FW de Klerk
(De Klerk het met Georgiadis se eksvrou, Elita,
getrou) en Thabo Mbeki, en Tony Ellingford, ’n
direkteur in die verdedigingsbedryf.
Daar is voorheen aangevoer pres. Jacob Zuma sou
omkoopgeld van R500 000 per jaar van die Franse
wapenmaatskappy Thales ontvang het.
With acknowledgement to
Jeanne van der Merwe, Adriaan Basson en Rapport.
Okay, R230 000 is minder as R500 000.
Vir R500 000 se oomkoopery kry 'n mens tens
minste 15 jaar in die tronk.
Vir R230 000 se oomkoopery kry 'n mens se 8 jaar
in die tronk.
Maar dis now twee verskillende instansies van
kriminele misdaad.
Die Franse gevegstelsel vir 15 jaar and thie
Duitese duikboot vir 8 jaar.
Verskillende sake moet aanmekaar se tronkstraf
jaar.
So dis 23 jaar in die tronk.
Asseblief, Me NDOV en u Projek Bumiputera Span.
Doen julle diens.
Help ons red hierdie land.