Wapens: Kommissie kry net 8 bydraes |
Publication |
Beeld |
Date | 2012-08-03 |
Reporter | James-Brent Styan |
Web Link | www.beeld.co.za |
Kaapstad. – Die Seriti-kommissie van ondersoek na die
wapentransaksie het net agt voorleggings ontvang voor die
verstryking van die spertyd vir indienings.
William Baloyi, die kommissie se woordvoerder, het gister
aan Beeld gesê die kommissie is tevrede met die
voorleggings en werk reeds deur die getuienis.
Baloyi het gesê die kommissie stel ’n lys saam van mense wat
genooi sal word om voor die kommissie te verskyn.
“Die proses is drieledig. Eers is daar ’n vrywillige proses
waarin belanghebbendes voorleggings kom doen. Dié proses is
nou verby. Dan volg die proses waarin mense genooi word om
te verskyn en dan die proses waarin mense wat weier om
vrywillig te verskyn, gedagvaar word.”
Een van die grootste aktiviste
teen die wapentransaksie *1, die sakeman Richard
Young, het gister aan Beeld gesê hy het nie ’n
voorlegging gedoen nie.
Young het gesê die reëls van die Seriti-kommissie is nie
voldoende om die kommissie geloofwaardigheid te gee nie.
“Die grootste probleem met die kommissie is dat dit nie
verpligtend is dat die kommissie die verslag wat hy eindelik
sal opstel, uitreik nie. Dit hang net van pres. Jacob Zuma
af of die verslag uitgereik sal word.”
Young was self betrokke by die aanvanklike wapentransaksie
deur sy maatskappy CCII Systems, wat die tender vir die
lewering van nuwe korvette aan die Suid-Afrikaanse vloot
verloor het.
“Ek is advies gevra en dit het ek gegee. Maar vir my
getuienis sal hulle my moet dagvaar. Vorige ondersoeke na
die wapentransaksie het my teleurgestel.
“Ek kan maande lank getuienis lewer, maar dan word ek vertel
daar’s nie eens sekerheid dat die finale verslag
bekendgemaak sal word nie? En ek moet my eie koste betaal?
Laat hulle my eerder dagvaar.”
With acknowledgements to James-Brent Styan and Beeld.
*1
The wrong equipment, at the wrong time, for the wrong
reasons, the DIP, the NIP, the inability to support the
equipment, the splodge - all to ensure that the ANC won the
1999 election with a 66% majority while the individuals who
made it happen received some R5 billion between them,
although probably more like R10 billion including the NIP
factorisation (1999 Rands).
And it's all lead to exactly two convictions of two
scapegoats, albeit both party mainstreamers, who
nevertheless got out on further trumped up nonsense after
serving just fractions of their sentences.
Even the whistleblowers have endured more than the
scapegoats in the last 13 years.
General: Only eight voluntary arms
deal submissions
http://wylie.co.za/LatestNews.aspx?newsID=540&DocType=PressRelease
The Seriti Commission, which is tasked with
investigating the arms deal has received only eight
submissions,
Beeld reports. Commission spokesperson William Baloyi said
the commission was now compiling a list of people who would
be invited to appear before it.
'The process is three-pronged. First there is a voluntary
process where interested parties make representations. This
process is now concluded. Then follows the process where
people are invited to appear and then the process where
people who refuse to appear voluntarily are summonsed.'
Arms deal activist Richard Young reportedly told the paper
he had not made a voluntary submission.
He added: 'The biggest problem with the commission is that
it is not compulsory that its final report is made public. I
have been asked for advice and gave it. But for my evidence
they will have to summons me. Previous investigations into
the arms deal disappointed me.'